Ten einde die bestaande uitstekende Wiskunde uitslae verder te verbeter bied ons addisionele Wiskunde klasse na skool aan; daarby wil ons die maksimum leerders voorberei vir verdere studies waar goeie Wiskunde Prestasie ‘n noodsaaklikheid is. Die missie van ons vak is om leerders sodanig toe te rus ten einde hulle tersiêre studies te vergemaklik. Deur middel van goedopgeleide onderwysers neem Wiskunde sy regmatige plek in, in ‘n skool waar akademie prioriteit is.
Ons beoog om deur studenteleerderskappe sterk Wiskunde personeel vir die toekoms op te lei en belê graag in die studente.
R100-00 per maand
R150-00 per maand
R 80-00 per maand
Die naskoolsentrum is bedoel vir leerders wat by die skool moet bly vir aktiwiteite gedurende die middag, of waar ouers hulle eers na werk kan oplaai. Hulle geniet ‘n middagete by die koshuis en studeer dan onder toesig. Hierdie leerders kan ook van die inligtingsentrum met die Internettoegang gebruikmaak vir hul navorsing. Indien die leerder aan sport deelneem is daar verkleeruimte in netjiese kleedkamers.
tot : 14:00 – 17:00
:13:20 – 17:00
:
R250 per leerder per maand
Alle leerders van buite die Vereeniging area wat by die skool ingeskryf is, kry gratis voordele by die nasorgsentrum.