Waar Vaalrivier se stille stroom,
die lewensaar van heel ons land,
sy koers deur wye vlaktes baan
is oer-oud plant tot krag vergaan.
Hier staan vandag ons eie trots;
‘n skool wat bou net op die rots
van Godsvrug, lig en krag.
‘n Fiere volk met stale mag.
Waar ons swerf, sal ons besing
Ons HOëRSKOOL VEREENIGING
Ons Alma Mater steeds getrou
alles het ons feil vir jou.
Om Hoërskool Vereeniging met verloop van tyd so te posisioneer dat die skool in terme van die aannames van personeel, ouers, kinders en die gemeenskap in die algemeen as die beste skool in die Vaaldriehoek bekend sal staan en waarna skolierskap as ‘n voorreg beskou sal word. Dit kan verwesenlik word deur die voorsiening van goeie kwaliteit onderwys aan alle betrokkenes, ‘n netjiese terrein met bruikbare geriewe, gelukkige leerders en ‘n gelukkige gemotiveerde personeel.
Hoërskool Vereeniging se missie is om ‘n opvoedkundige program van hoë kwaliteit aan te bied. Hierin strewe ons om kinders te lei tot verantwoordelike burgerskap in die samelewing waarin hulle gaan staan.
- Ons dien ons gemeenskap
- Ons heg waarde aan:
- Die handhawing van waardes en norme gebaseer op Christelike en nasionale beginsels.
- Elke individu se godsdiensvryheid
- Elke individu se demokratiese regte
- Die ontwikkeling van die mens in totaliteit
- Die voorsiening van effektiewe onderrig wat in markverwante behoefte kan voorsien
- Moedertaal as medium van onderrig
- Funksionering binne die omvattende onderwysstelsels
- Die erkenning van multi-kulturaliteit
- Die groei van onderwysers
- Die bevordering van ouerbetrokkenheid
|
|
 |
 |
 |
 |
|
|
|
|
|
1939-1958 |
1959-1974 |
1975-1979 |
1980-1993 |
1994-2003 |
1. Die lourierkrans stel oorwinning, onderskeiding en sukses voor.
2. HV - Hoërskool Vereeniging
3. Mag en krag word deur die staf gesimboliseer.
4. Die kragtoring stel energie voor.
5. Die rat stel die nywerheid voor, aangesien Vereeniging ‘n nywerheidsreus in die Vaaldriehoek is.
6. Dis die steenkoollae tussen die water van die Vaalrivier.
7. Die Vaalrivier.
8. Bybel. Uit die Woord van God put ons wysheid, kennis en krag. Daarby kom die fakkel, wat die “lig” op ons pad is.
9. Ons leuse: “NIHIL NISI SUMMUM”
“GEE NET JOU BESTE”

Lang of kort grys broek,
wit kortmou oopnekhemp,
skoolkouse, swart skoolskoene.
Wanneer 'n baadjie gedra word, moet 'n skooldas gedra word.
Wit kortmou oopnekhemp,
donkerblou romp, donkerblou langbroek,
wit kouse en swart skoolskoene.
Lang grys broek, wit hemp met skooldas,
navy skooltrui, navy baadjie met skoolwapen
of navy windjakker met skoolwapen,
skoolkouse en swart skoene.
Wit hemp met das,
donkerblou romp of langbroek,
swart lang kouse met swart skoolskoene.
Navy baadjie met skoolwapen of navy windjakker
met skoolwapen of navy skooltrui.