
Pasella saai op 6 Januarie 2010, om 19h30, 'n insetsel uit oor Ollie Viljoen, 'n oud leerder van Hoërskool Vereeniging. Ollie is veral bekend vir sy musiek loopbaan en as regisseur van programme soos Spies en Plessie, Maak ʼn Las, Platepraatjies, Teletreffers, Kyk-innie-pot en die SATV-boere -orkeskompetisie.
Minder bekend is Ollie se rugby prestasies. Ollie was deel van die legendariese 1956 eerste rugbyspan wat die Administrateursbeker gewen het. Ollie se jarelange skoolvriend, Springbokvleuel, Corra Dirksen, het saam kom kuier. Ollie en Corra was destyds die skakelpaar vir die eerste span. Corra het tussen 1963 en 1968 tien keer vir die Springbokke gespeel. |
|||
| Hoërskool Vereeniging bring graag hulde aan 2 oud-leerders vir hul bydrae tot die trotse tradisie van die skool. | |||
Mnr Faan Beeslaar saam met Ollie Viljoen (links) en Corra Dirksen (regs). |
|||
Die Pasella-span hard aan die werk. |
|||
Mnr Doom Gous oorhandig die oorkondes aan Ollie Viljoen en Corra Dirksen |
|||
VHS sê dankie aan die Pasella-span vir hul besoek. Dit was 'n voorreg om julle hier te ontvang. |
|||