
Sporthoogtepunte |
||
| Atletiek 2010 | ||
![]() |
![]() |
![]() |
Tydens die 2010 interhoër atletiek byeenkoms het die atlete van Hoërskool Vereeniging uitsonderlike goeie prestasies behaal. Ruan Combrinck, het met sy byeenkomsrekord, van 19.92m in die gewigstoot vir seuns onder 15, 1200 Absa punte behaal. Alhoewel nie-amptelik, het dit die SA rekord van 19.14m verbygesteek. Hy is aangewys as junior victor ludorum veld en die algehele beste seuns atleet in vier items. Chante Snyman is aangewys as die junior victrix ludorum veld, en Wally Ungerer as junior victor ludorum baan met sy puik naellope in die 100m, 200m en 300 hekkies. |
||
![]() |
||
Top 10 Atletiekspan |
Gauteng kampioenskappe D7 Atletiekspan |
|
Ruan Combrink |
Anje Claassens SA Junior kampioenskappe - spiesgooi Silwer ASA Kampioenskappe - Spiesgooi Vyfde plek Gauteng kampioenskappe - spiesgooi Goud |
Wally Ungerer |
Guilherme Rodrigues de Franca SA Junior kampioenskappe - hamergooi, 5e plek |
||
Rugby 2010 |
||
Die bouproses van VHS rugby het in alle erns begin. Die o/15 span het deurgedring na die halfeindrondte van die Valke reeks. Die o/16 en o/14 spanne het tot by die kwart eindrondte gevorder. Baie geluk. Ons is baie trots op julle. |
||
Hokkie 2010 |
||
Twee van ons dogters hokkiespanne het as liga wenners uit die stryd getree. Ons o/ 14 en o/16 kampioenspanne, asook ons o/15 span wat naas wenners is, het aan die Noord-van-die-Vaal-reeks deelneem. Die o/14 dogters het ons baie trots gemaak deuras naas-wenners van die Noord-van-die-Vaal-reeks uit die stryd te tree! Welgedaan dogters! Die seuns hokkiespanne het ook glad nie teleurgestel nie en beide die o/16 en eerste spanne het met die louere weggestap in die Vaaldriehoek as liga wenners. Baie geluk aan al hierdie spanne! |
||
Netbal 2010 |
||
Die netbal het weer nie vanjaar teleurgestel nie. Vier spanne het hulle onderskeie ligas gewen in die Super netballiga waar D7 en D8 saam meeding. Die o/15 A-span het na hul liga-oorwinning vierde ge-eindig by die Gauteng kampioenskappe en algeheel vyfde in die Noord-van-die-Vaal-reeks. Die o/14 A-, o/16 A en o/17A -spanne het elk ook hul ligas gewen en aan die Gauteng kampioenskappe deelgeneem.
|
||